Gedagte vir dag: Roep die Naam van die Here aan

man_see_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Gedagte vir die dag:  Roep die Naam van die Here aan   Elkeen wat die Naam van die Here aanroep, sal gered word. (Romeine 10:13)  

Dink aan die misdadiger aan die kruis langs Jesus. Hy het verdien om te sterf, nie waar nie? Net voordat hy gesterf het, het hy gesê: “Jesus, dink aan my wanneer U in u koninkryk kom.” Wat het Jesus gesê? “Ek verseker jou: Vandag sal jy saam met My in die paradys wees” (Lukas 23:42-43). Het hy verdien om hemel toe te gaan? Baie mense sou nee sê. Ja, hy het verdien om by Jesus in die paradys te wees, want hy het hom bekeer en in Jesus geglo.

Dink aan die boer wat werkers gehuur het (Matteus 20:1- 16). Die een groep het die hele dag gewerk; die tweede groep ’n paar uur minder, die derde en vierde groepe selfs nog minder en die laaste groep net die laaste uur van die dag. Met uitvaltyd het hulle almal dieselfde loon ontvang. “Dit is nie regverdig nie, Here!” roep ons. Dit is nie vir jou om te besluit nie. Wees eerder dankbaar dat jou naam in die Lam se boek van die lewe geskryf staan. Wie is ons om God se besluite te oordeel? Jesus is die regter en sy Woord sê: “Elkeen wat die Naam van die Here aanroep, sal gered word” (Romeine 10:13). Elkeen? Ja. Elkeen wat die Naam van die Here aanroep, sal gered word. Dit maak nie saak of jy sy Naam vroeg of laat in jou lewe aanroep nie. Jy sal gered word.

Hemelse Vader, dankie dat my naam in die Lam se boek van die lewe geskryf staan. Vergewe my, Vader, dat ek ander so oordeel. Ek gee my lewe in u hande oor en vra dat U my sal bewaar.

Bron: Aartappelgeloof vir elke dag deur Angus Buchan
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Rudolf ·

Gaan kyk asb hoe en wat dit is om die naam aan te roep, en hoekom jy die naam wil aan roep, vir wat? Wat wil jy bereik, of moet jy bereik, wat is die skeppings wil vir n mens om te bereik..?

Len ·

Dankie God drie Enig dat ek deur U liefde en genade gered is.

Rudolf ·

Volgens die getuienis geskrifte, hoe word die naam tog aan geroep…?

Moeksie ·

Dankie Vader dat ons U kan lief he en dat net U ons kan red en verlos. Dankie Abba Vader

Connie ·

Jesus skryf ook asb my naam in die boek van die Lam. Amen.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.