Gedagte vir die dag: Roep gerus, die Here hoor

mense_natuur_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Volk van Sion, wat in Jerusalem woon, julle sal nie meer huil nie. Hy sal genade aan julle bewys as julle Hom vra om julle te help. Hy sal dadelik reageer as julle na Hom roep. (Jesaja 30:19)

Luister net weer na die werkwoorde in hierdie teks: huil, genadig wees, gebed verhoor. Sion het rede gehad om te huil. Jerusalem het ten gronde gegaan. Die vyand het die stad verwoes en die volk het ’n geestelike laagtepunt bereik. En die mense wat huil, is gewoonlik dié wat regtig om gee, dié wat nie hulle rug op God gedraai het nie. Maar ook hulle kry swaar. So gaan dit vandag nog: Dis nie net die onverskilliges wat swaarkry nie, maar ook God se getroue kinders. Ons huil vandag nog oor al die onreg en geweld wat in ons wêreld hoogty vier.

Die tweede werkwoord is “genadig wees”. God se genade is die verskil tussen huil en troos. Dit is wat God belowe. Hy sal genadig wees. Sy genade sal die trane afdroog. Maar dit is tog voorwaardelik, dis genade vir dié wat na Hom roep om hulp. Gebedsverhoring is God se antwoord op die gebede van mense wat Hom in opregte vertroue aanroep. In die teks hoor ons ’n ongeduld by God. Hy wil graag ons gebede verhoor. Hy wag om van ons te hoor …

Bron:
By waters van rus deur Johan Smit
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Elize ·

Here wees ASB my genadige die laaste paar weke was so erg maar U genade was daar help my ASB om voor my tekyk en regte besluit te neem em dankie vir my kind en famille Here ek het krag nodig ASB Here wees my genadig amen

Genieve ·

Dankie Here dat u ons verhoor waaneer ons na u uitroep.Wee ons genadig Here .

Anton ·

Here, wees my asseblief genadig en verhoor my gebede wanneer ek uitroep na U. Wees by my, my vriende en familie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.