Gedagte vir die dag: Rus in die Here!

kinders_hardloop_veld_cannahealth_com.jpg

Foto: cannahealth.com

Elkeen wat so nederig soos hierdie kindjie word, is die belangrikste in God se koninkryk. (Matteus 18:4)

Ek kry elke keer so lekker as ek nog ’n verhaal in die Bybel lees waar God gekies het om met die kleiner, die mindere, die eenkant-mense te werk. Want keer op keer besef ek hoe ánders sy genade is, hoe diep sy liefde kyk, met hoeveel deernis Hy ook vir my en jou omarm.

Van die begin van die Bybel af is dit opvallend dat God telkens die onwaarskynlike mense nader en gebruik: die wat nié iets kan doen nie, wat nié voorbereid is nie, die onaanvaarbares, die onaansienlikes, onopgeleides … die kragteloses. Dink maar aan Sara en Abraham, Moses, Ragel, Rebekka, Dawid, Jeremia, Job, Jona, Maria, Petrus … Elkeen met ’n groot swakheid. En tog neem God hulle waar hulle is, soos hulle is en dan werk Hy op ongelooflike maniere deur hulle. In alle gevalle ontdek hulle ’n nuwe soort krag wat nie uit hulself kom nie, maar groter is as waaroor hulle kon droom. En dan? Dan versit hulle berge, lei hulle volke, verander hulle mense se lewens, verstom hulle selfs hulself!

As jy soms klein voel, fantasties! Want dan is jy op die plek waar God jou hand kan neem en vir jou kan wys hoe groot sy liefde vir jou is … en hoe groot Hy jou wil maak.

Here, ek erken dat ek klein en swak is. Dankie dat ek juis daarom in u krag kan rus vind.

Bron:
Jou voetpad na vrede deur Milanie Vosloo
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.