Gedagte vir die dag: Rus in Jesus

Boekevat-Wortelgat-Berg-ABrits.jpgOns raak so vasgevang in allerhande mensgemaakte wette dat ons nie fokus op dit wat belangrik is nie – die vrede van God wat daar in Christus Jesus vir ons is. Om God te probeer behaag sonder om in Jesus te rus loop altyd uit op ‘n mislukking.  Daar is egter ‘n wonderlike sielerus vir elkeen wat rus in Jesus soek – sonder die las van godsdienstigheid en menslike stelsels.

Kom na My toe, julle almal wat moeg is en swaar laste moet dra, en Ek sal julle lewens verkwik. Neem my juk op julle skouers. Kom leer van My, want Ek is sag en nederig van hart, en julle sal rus en nuwe moed vir julle lewe kry. Want my juk sal sag op julle skouers rus en my las is lig om te dra. (Matteus 11:28-30)

Net by God kan ek rustig wag, van Hom kom my verlossing. (Psalm 62:2)

Bron:
’n Anker vir die siel deur Riekert Botha
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.