Gedagte vir die dag: Rusie onder mekaar

mense_brug_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Wees bly in die Here, en Hy sal jou hartsbegeertes aan jou gee. (Psalm 37:4)

Waar kom die rusies en gevegte onder julle vandaan? Jakobus 4:1.  Dis myne! Ek was eerste! Dis my beurt! Gee dit terug! Dis onregverdig! Ons almal het al hierdie woorde gehoor – en  gesê! Om kwaad te word en te baklei om jou sin te kry, is iets wat ongelukkig deel is van ons sondige natuur.

Die dinge wat ’n mens kwaad maak, is ’n goeie aanduiding van wat in jou hart aangaan. Is ek liewer vir my besittings as vir my gesin? Is my behoeftes belangriker as joune? Is ek voortdurend besig om telling te hou om seker te maak ek word nie ingedoen nie? Jaloesie, woede en ’n gekla beteken dat ’n mens vergeet wat werklik belangrik is.

Die Here bied vir ons ’n baie beter strategie aan. Hy nooi ons om al ons behoeftes in gebed na Hom toe te bring. Hy is vriendelik en vrygewig en ons kan maar weet dat Hy vir elkeen van ons die regte dinge gee op die regte tyd. Psalm 37:4 sê immers: “Wees bly in die Here, en Hy sal jou hartsbegeertes aan jou gee.”

Kom ons vra die Here om ons te help om geduldig te wees en te wag vir sy seën. Hy sal ons help om mekaar lief te hê soos wat ons onsself liefhet, en ons harte en ons huise met sy vrede vul.

Here, vergewe ons asseblief vir hoe dikwels ons stry en baklei. Gee vir ons nuwe harte wat U al hoe   liewer het en al hoe meer op U vertrou. Amen.

Bron: Hoop vir elke môre deur Joanna Teigen
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.