Gedagte vir die dag: Saam met Christus lewend gemaak

ligtoring_Stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Wees op julle hoede en laat niemand julle op sleeptou neem met ’n leë, misleidende filosofie wat wel rekening hou met menslike tradisie en met wêreldse magte, maar nie met Christus nie. (Kolossense 2:8)

“Leë, misleidende filosofie.” Kyk ’n bietjie rond in die godsdiens-afdeling van enige boekwinkel en jy sal verstaan wat Paulus hiermee bedoel. Daar is ’n verbluffende verskeidenheid opinies oor geestelike sake, maar talle van hulle het een ding gemeen: Hulle berus op die oorlewering van mense, op wettiese, godsdienstige reëls en nie op Christus nie. Dit laat mens dink, nè?

Maar hoe weet ons dat wat óns glo, die waarheid is? As daar so baie teorieë en argumente “daar buite” is, hoe kan ons weet die Bybel is die enigste betroubare waarheid?

Delf diep in jou eie hart. Wat het gebeur sedert jy begin glo het? Paulus sê as gelowiges “is julle saam met Christus begrawe” en ook weer “saam met Hom opgewek” (Kol. 2:12). Dit beteken dat jy saam met Christus ’n nuwe lewe leef. Hoe lyk jou nuwe lewe? Dit behoort jou nie af te rem met allerlei reëls en voorskrifte nie. Jou gehoorsaamheid aan Christus word nie dáárdeur bewys nie, maar sal blyk uit jou verhouding met Hom. Net soos jy Christus as jou Here aanvaar het, so volg jy Hom ook deur vas in Hom “gewortel” te wees en jou hele lewe op Hom te bou. En hier kry jy die antwoord op die vraag hoe jy kan weet dat die Bybel die waarheid bevat: Die ervaring van jou diepe verbondenheid met Hom gee jou die versekering dat die waarheid in Jesus te vind is. Geen ander godsdiens bied ’n mens vrede, vreugde, intieme vriendskap met God in Christus en redding op grond van geloof alleen nie.

Wat het in jou lewe verander sedert jy ’n gelowige geword het?

Bron:
My Stiltetyd-Oordenking
Uitgewer: Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Bertie ·

Dankie Heer, vir die voorreg om kind van God genoem te kan word. Vader, vergeef asb my oortredinge en sonde en kom red my siel! Ek wil by U kom bly.

Saintjordaan ·

Die Bybel lees baie duidelik dat Jesus ‘n God en ‘n Vader gehad..Joh 20:17, Ef 1:3, 17, 1 Pet 1:3;
Die evangelie wat gepreek moet word is die evangelie van die heerlikheid van Christus (Christus in die mens is God se hoop op heerlikheid Kol 1:27), wat die beeld en gelykenis van God is….2 Kor 4:4, sien ook Ef 4:11-15…
God het hierdie Jesus van Nasaret ‘n here en ‘n Christus gemaak…
Die Bybel lees daar is net een God..1 Tim 2:5; Ef 4:6, Mark 12:29-34 ensovoorts…
Hoe lank nog gaan die kerk die Een ware God en Vader mislees in die Bybel?
Want die skepping wag met reikhalsende verlange na die broers van Jesus Christus…seuns van God Rom 8:19, Heb 2:9-10…
Dis tys vir waarheid en die ware evangelie…

Saintjordaan ·

Hand 2:22 lees Jesus was ‘n man (tydens Petrus se toespraak), v24 ensovoorts..baie Skrif lees dat God Jesus van Nazaret uit die dood opgewek, v36 lees God het Jesus soos reeds genoem is, here en Christus gemaak en Hand 10:34-46 lees dat God deur Jesus die evangelie van vrede gebring het, want God is Woord, en vers 38 lees dat God Jesus van Nasaret gesalf het met die Heilige Gees (God) en met krag…
Kyk hoe maak die Bybel skielik sin as jy dit so begin verstaan! Dis tyd vir waarheid!

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.