Gedagte vir die dag: Sagte oë begin by ’n sagte hart

harte_vorm_klippies_strand_stilltetyd.jpg

Foto: fineartamerica.com

Hulle moet van niemand kwaadpraat nie en nie bakleierig wees nie. Hulle moet inskiklik wees en altyd saggeaard teenoor almal optree. (Titus 3:2)

’n Mens staan nie net een oggend op met liefde vir die hele wêreld en sogenaamde “sagte oë vir almal en alles om jou” nie! Nee, om werklik met sagte oë en ’n sagte hart na ander te kyk, is ’n voltydse werk-aan-myself: ’n deurentydse weggee van my eie ego en ’n deurlopende vol word van die Heilige Gees. Dis ’n aanhoudende minder “ek” en meer Hý word. Want net die Gees van God kan ons help om met die régte hart na ander te kyk. Net Hy kan ons help om gedurig nuut in die liefde te word, om heeltyd laer te buig … sodat Hy groter kan word.

Omdat net die Gees ’n sagte-oë-gesindheid in ons kan skep, begin hierdie proses juis nog voordat ek enige iemand gesien het. Daar waar ek wakker word in die oggend en die Gees vra om in dié dag deur my te leef. Daar waar ek myself weer vir Hom gee en vra dat Hy my denke en my hart sal vorm … Daar begin ons harte sag gebrei raak deur dinge soos begrip, deernis, vergewensgesindheid, meelewing, opregte omgee, liefde.

Maak seker dat jy God se sagte oë op jou sien rus voordat jy jou dag begin. Voordat jy jouself en ander in die oë kyk.

Soms vergeet ek hoe ek teenoor ander behoort op te tree omdat ek vergeet hoe U lyk, hoe sag U na mý kyk.

Bron:
Jou voetpad na vrede deur Milanie Vosloo
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Stella ·

Dit is werklik so opligtend, en waar woorde wat my werklik gier diep binne raak! Dankie

Tony ·

In die “wereld” wees waar meeste van ons maar is, is waar die probleem le. Indien ons ons lewe vir Jesus gee, geduring vergifnis vir ons sonde versoek sodat ons altyd skarlaken wit voor Jesus is, op Hom fokus in plaas van die wereld, vir Hom leef en elke dag met opregte hart tot ons Skepper bid- dan sal ons verander en versag. Laat U wil geskied Heer, in Jesus naam, Amen

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.