Gedagte vir die dag:  Seën om te seën  

Foto: Reint Dykema

God het ons geseën. Die mense op die hele aarde moet Hom eer. (Psalm 67:8)

Die psalm begin amper soos Israel se sogenaamde priesterlike seën: “Mag God ons genadig wees en ons seën, mag Hy tot ons redding verskyn” (Ps 67:2). Die psalmskrywer vra dan dat al die nasies Israel se seën sal sien en die ware God sal kom aanbid. Dis die tema van die hele psalm: God moet ons seën sodat ons ’n seën kan wees.

Dis natuurlik presies die doel van die verbond, want God het vir Abraham gesê: Ek sal (1) jou seën, Ek sal (2) jou nageslag seën en in jou sal (3) al die nasies van die aarde geseën word. Dít help ons om God se seën beter te verstaan. God seën nie soseer vir ons nie, maar deur ons. God het immers nie net vir ons lief nie, Hy het die wêreld lief! Ons is – soos Israel – sy voorbeeldvolk deur wie Hy wil werk. Ons getuienis na ander is baie belangrik, veral ons liefde, want ons verteenwoordig die Here.

Laat Hy vandag iemand deur jou seën!” Vader, U het my geseën. Maak my ’n seën! Amen.

Bron: Hou vas aan die Hoop deur Jimi le Roux
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Samantha ·

As jul net tot die besef wil kom dat die Woord slegs vír Israel geskryf is – die ware volk, Abraham se bloed-nasate, en nie ‘n vergeestelike Israel nie! Die Bybel is slegs die geskiedenis en testament van die Israeliete en vir die Israeliete.

Lees die Bybel met hierdie bril, tot by Openbaring se laaste boeke waar getuig word dat dié wat by die poorte sal ingaan, die twaalf stamme van Israel is.

Aanskou die rots waaruit ons gekap is en die satan se plan om die blanke Westerling te vernietig deur verbastering en geestelike oorlogvoering.

Die stryd sal voortduur tot daar, soos in Noag se tyd, net enkelinge staande bly.

Stephanie ·

@Samantha – my hartjie, jy is HEELTEMAAL verkeerd. GOD se Woord (Ou en Nuwe Verbond) is vir ALMAL wat JESUS aangeneem het as Verlosser. Die Israeliete was die volk wat GOD as voorbeeld vd wêreld gebruik het – maar SY verlossingsboodskap is vir ALMAL. Lees die Bybel deur híérdie bril en Loof en Prys HOM wat SY genade aan die HELE MENSDOM (nie net Israel nie) beskikbaar gestel het. NET JESUS – NIE Jesus PLUS ISRAEL wees, is ons verlossing.

Sam ·

Reeds in Mattheus staan geskrywe: Hy sal gebore word om Sy volk van hul sondes te verlos. Al die sendbriewe in die Nuwe Testament was aan die verstrooide Israeliete gerig, nie aan die wêreld nie, daarom dat ons Verlosser getuig: Ek stuur jul nie na die wêreld nie, maar na die verlore skape van die huis van Israel, en ook: Ek bid nie vir die wêreld nie, maar dié wat U in die wêreld aan my gegee het, ens.

Jes ·

In Joh 17:20 bid ons Here Jesus vir almal wat nog tot geloof sal kom deur die verspreiding vsn die evangelie…ek het my naam daar neer geskryf. Lees Rom 1:1-7 en Efes1:1-14 om net maar twee gedeeltes te noem om te sien dat Paulus deur Jesus Christus self geroep en aangestel is as apostel vir die heiden nasies….dit is die nie-Jode, m.a.w. ALMAL wat nie n Jood is nie. Lees die hele wonderlike verhaal in die boek Handelinge. Mense dwaal of verstaan nie die Woord nie omdat hul net hier en daar n versie lees. Lees n boek/ brief heeltemal klaar.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.