Here, hoe baie is u werke! (Psalm 104:24)
Ná die winter stuur God die lente. Die lente is ’n seisoen van hoop en vreugde en opgewektheid; oral om ons is daar iets moois om te sien en aan te raak en te hoor. Ongeag hoe miserabel en moedeloos ons dalk voel, word nuwe hoop gebore wanneer ons groen blare aan ’n boom sien bot, of wanneer ons sien hoe ’n klein blommetjie deur die gevriesde grond boontoe beur en sy blaaroë met groot verbasing wyd op God rig … Want dit is net God wat sê: “Lig jou oë na My en die kilheid van jou siel sal soos die boom vol lentebloeisels sy winterduister afgooi en jou swaar hart sal sing.”
God stuur nooit die winter sonder die vreugde van die lente nie. ~ Helen Steiner Rice
Dankie, Here, vir die seisoene. Die lente bring altyd nuwe lewe, hoop en prag terwyl dit ons aan die Skepper van alles herinner. Amen
God Is Groot!