Gedagte vir die dag:  Sekerheid in onsekerheid

arms_uitgestrek_berg_natuur_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Van die einde van die aarde af roep ek U aan as my hart beswyk; lei my op ’n rots wat vir my te hoog is. (Psalm 61:3, Bybel In Afrikaans 1933/1953)  

Dawid roep na God, want dit voel of sy “hart beswyk”. Hy is angstig en bevrees, sy innerlike krimp ineen, want hy is bang en bekommerd oor die toekoms. Hy sê hy roep na God “van die einde van die aarde af”, wat beteken dat hy ver van God af voel – dat hy netsowel op die rand van die wêreld kon gewees het. Sy groot behoefte is na vastigheid, na sekerheid. Daarom vra hy na ’n rots onder sy voete, en meer spesifiek ’n rots “wat vir my te hoog” is, met ander woorde wat hoër as hy is – ’n rots wat groter is as wat hy uit eie krag kan bewerk.

Volgens die kerkvaders is daardie rots Jesus Christus. Voel jy onseker? Is jou omstandighede wispelturig? Is jy só bekommerd oor die toekoms? Moenie angstig wees of vrees nie, want Jesus weet wat die toekoms inhou. Hý het jou sake in beheer, Hý is die sekerheid in jou onsekerheid, Hy is die Rots waarop jy staan – jy sal nie ondergaan nie.

Here Jesus, bring rustigheid in my gemoed. Bring vrede. Wees my rots vandag. Amen.

Bron: Hou vas aan die Hoop deur Jimi le Roux
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Netta ·

Johan, gryp Hebreërs 11:6 vas en glo en bely dit ook saam met die Psalms.

Susan ·

Daardie beklemming in my bors
Neem dit weg van my. Ek voel of ek op n afgrond staan en ek moet net spring. Help my en my naasbestaandes. Dankie Here. Amen

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.