Regverdiging is die proses waarby iemand as reg, onskuldig aan misdaad en vry van straf verklaar word. Selfregverdiging beteken ek doen dit self. Om selfregverdigend te wees beteken ons laat God nie toe om ons regverdig te verklaar nie.
Ons kan onsself nie regverdig nie, en ook nie ander mense nie – Jesus is die enigste een wat ons kan regverdig en vryspreek.
Hy sê toe vir hulle: “Julle wil graag in die openbaar goed voorkom, maar God ken julle bose harte. Wat hierdie wêreld vereer, is ’n gruwel in die oë van God.” (Luk 16:15)
Ek ken jou handel en wandel. Ek weet dat jy nie koud of warm is nie. Was jy tog maar net koud of warm. Omdat jy so louwarm is, nie warm nie en ook nie koud nie, is Ek op die punt om jou uit my mond te spoeg. (Openb 3:15-16)
Bron:
’n Anker vir die siel deur Riekert Botha
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy
Ek stem saam MAAR hoe hanteer ek my my mede gelowige wat saam met my glo vir my preek en ook leiding gee WAT Sé HY VOEL OOK SO SOLANK jy net verstaan hys so gebore of jy hom net nie kwaad maak of jy moet net doen soos hy want hys altyd reg. OF hy maak nie vrede met die of daai want hy sny sulke mense uit sy lewe . Hyt niemand nodig net vir GOD .??????????????????