Gedagte vir die dag: Selfs beter as tevore

sonondergang_voels_vlieg_stiltetyd.jpg

Foto: kids-myshot.nationalgeographic.com

Ek sal die Vader vra, en Hy sal vir julle ’n ander Voorspraak stuur om vir ewig by julle te wees, naamlik die Gees van die waarheid. Julle ken Hom, om dat Hy by julle bly en in julle sal wees. (Joh 14:16-17)

Hierdie woorde kom uit Jesus se laaste gesprek met sy dissipels vóór Hy deur die Joodse Raad gearresteer en verhoor is.

Sy dissipels wou nog wegsak in ’n depressie en verlatenheid oor alles wat Jesus sê, toe kom hierdie woorde: “My vriende, moenie moed verloor nie! Dink julle God sal al hierdie moeite doen om julle opgewonde te kry en dan net so laat staan op die vlakte? Nee, broers! Dis nie sy aard of werkswyse nie. Ek gaan wel terug na die Vader toe, maar God stuur sy Gees om vir ewig by julle te wees. Hý sal julle bystaan en prakties lei in die volle waarheid van God in alles wat oor julle pad mag kom. Ek was vir drie jaar bý julle, maar deur God se Gees sal Ek voortaan vir ewig ín julle wees.”

Vader, maak my sensitief vir u Gees ín my en bý my. Open my oë sodat ek die weg van u waarheid duidelik kan raaksien in alles wat ek doen.

Bron:
Jesus se woorde vir mans deur Riekert Botha
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Louis van Niekerk ·

God is met ons deur sy gees vir EWIG.
Moet nie moed verloor oor die dinge van die wereld nie.
Bly aan glo en hoop.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.