Gedagte vir die dag: Die Seun van die Allerhoogste

Hemelvaart_Opstanding_Stiltetyd.jpg

Foto: christianheadlines.com

“Moenie bang wees nie, Maria,” het die engel gesê, “want God het besluit om jou te seën! Jy sal swanger word en ’n seun hê en jy moet Hom Jesus noem. Hy sal baie groot wees en die Seun van die Allerhoogste genoem word. En die Here God sal Hom die troon van sy voorvader Dawid gee.” (Lukas 1:30-32)

“Jy sal swanger word en ’n seun in die wêreld bring” – ʼn aankondiging van aardskuddende betekenis. Om maar net by die eenvoudige huisie in Nasaret te begin: ʼn jongmeisie hoor sy gaan swanger word sonder die tussenkoms van ʼn man. Wie op aarde sou haar glo? En om dan te hoor dat hierdie skande as ʼn genade van God beskou moet word? Maar die mees verstommende nuus is dat die kind “die Seun van die Allerhoogste” genoem sal word, en dat Hy ʼn koning sal word. Maria se kop het vir seker geduisel. Wat gaan tog nou aan?

Van God se kant was die prentjie veel groter as die huisie in Nasaret of selfs as die jong dogter, Maria. God is besig om iets te doen wat die wêreld sou verander. God het besluit om in die Persoon van dié Jesus van Nasaret mens te word en Homself as offer vir ʼn verloregaande mensdom aan te bied. In die hemel word op die geboorte-uur van ʼn nuwe mensheid besluit.

Bron:
By waters van rus deur Johan Smit
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Johan ·

Want my gedagtes is nie julle gedagtes nie, en julle weë is nie my weë nie, spreek die Here .
Vader Dankie vir U genade. Dankie vir my asemhaling, Dankie dat U my beskerm soos U Woord my leer ,Dankie vir ander geestelike boeties , sussies; Wedergebore kinders van U om altyd gehoorsaamheid te gee aan diets Heilige Gees . Laat my hele wese ingestel sal wees op U en my ore veral sal luister na U. Amen en Amen.

Verwonderd ·

Dankie Jesus, dat U die taak volkome volbring het. Dankie vir die verlossing wat U gebring het, ons verdien dit nie… Prys die Here, o my siel!

Agnes ·

Wonder bare Raadsman, U was bereik die Koninkryk te verlaat met die weet wat U te wagte staan. Dankie Jesus, U is my Heil. Ek is deur U verlos! Hoe groot is U genade

Genieve ·

U is so Heilig Here, Die Seun van God Hy is n werklikheid.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.