Gedagte vir die dag: Sewe sakke sout?

 sout-man-dra-swaar-stiltetyd.jpg

Foto: pixabay.com

Julle is die sout wat die aarde ’n beter plek moet maak. Maar as die sout verslaan het, kry jy dit op geen manier weer sout nie. Dit is totaal onbruikbaar. Al waarvoor dit goed is, is om buite op die straat uitgegooi en deur die mense platgetrap te word. (Matteus 5:13)       

Een van die grootste faktore wat ons almal se gesondheid benadeel, is te veel sout. Amper geen mens is nié skuldig hieraan nie.

Maar in die wêreld van die Antieke Nabye Ooste waarin Jesus geleef het, in ’n tyd voor geprosesseerde kos, verbruikerskultuur en oordaad, was sout van kritieke belang – nie net om geur te verbeter nie, maar ook om kos te preserveer. Dis presies wat ons geroep word om te doen en te wees.

Ons word geroep om die goeie in stand te hou in ’n wêreld wat verval en verrot – deur lewens te leef wat God se liefde en genade en vrede uitstraal. Ons word geroep om die geur van vreugde en positiewe verwagting te wees in ’n wêreld van eentonige hooploosheid. En net soos ’n soutpot wat geskud word, kan ons dié goedheid mildelik uitstrooi waar ons ook al gaan!

Bron: Uittreksel uit ʼn dagstukkie uit Soos appels van goud deur Dr. Michael Mol en Dalene Reyburn. Dié boek is die perfekte kombinasie van geestelike voedsel en fisieke welstand.
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.