Gedagte vir die dag: Sien vandag met jou hárt

God-met-mag-oor-dood

Foto: Argief

Sê vir die volk van Israel: “Kyk, julle Koning kom na julle toe. Hy is saggeaard en Hy ry op ’n donkie, ja, op die vul van ’n pakdier.” (Matteus 21:5)

“As ons deur ons naaste stap soos deur leë lug, stort ons af in die leegte van selfbedrog. Die naaste staan in der waarheid nie ‘in ons pad’ nie, hy staan op die rand van die afgrond as beskermengel wat keer dat ons uit die lewenswerklikheid in die illusie afgly.” Nogal swaargewig en harde woorde van Paul Schulze, nè?

Lees ons dit weer, hoor ons wat hy eintlik sê: Dat ons so maklik dwarsdeur mense loop. Sonder sien. Sonder verstaan. Sonder omgee en uitreik. Ag, is ons nie maar almal skuldig nie? Is ons nie maar almal geneig om blind te wees vir ander omdat ons self so belangrik is nie?

Kom ek en jy bid vandag weer dat ons met oop oë, ore en harte elke ander mens om ons sal rááksien. Raak sal hóór. Met die liefde sal uitreik. Ja, kom ons onthou dat daar so baie is wat honger is vir ons liefde: wat wag op ’n sagte woord, raad, ’n besoek, ’n oproep, ’n SMS … ’n stukkie van ons hart se tyd.

Bid saam met my die Indiaanse gebed: “Groot Gees, help my om niemand te oordeel voordat ek nie ’n halwe maan lank in sy mokassins geloop het nie.” Ja, kom ons gaan loop sagkens oor ander se harte.

Here, ek wil vandag ’n stukkie van u hart gaan leef …

Bron:
Jou voetpad na vrede deur Milanie Vosloo
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Kobus ·

wie is die indiaanse groot gees vir wie hier gebid word, aanbid ons nie een God, Christus, en Gees nie? Hierdie is bietjie onvanpas

SNEL ·

Indiaanse gebed??? Waar in jou lewe bid ek en n indiaan vir dieselfde God. Dis dinge soos die wat n mens net weer laat besef, lees eerder net jou Bybel en laat die Heilige Gees jou leer en lei, en hou jou eerder uit dagstukkies lees en wat ander te sê het oor die Bybel uit, want daar is hopeloos te veel misleiding en verwarring. Eintlik is ek erg geskok en ontstel oor die indiaanse gebed, hoe kan dit op n Christelike dagstukkie vir n gebed geplaas word. Laaste keer wat ek nou die Gedagtes vir die dag gelees het, my dag is nou sommer omgekrap.

Kobus ·

lyk my dis net ek en snel wat sien wat hier aangaan, bly bid broer!!!

Johann ·

Dit wil nie se omdat iemand n heiden is mag hy nie na God bid nie. Jesus het immers vir die heidene gekom nie vir julle regverdiges nie

Ania ·

Jesus is die weg en die waarheid, niemand kom na die Vader, behalwe deur Hom nie. Paulus het ‘n Naam aan die onbekende g(G)od in Athene gegee tot Wie die heidene moes bid. God sal Hom openbaar aan ‘n heiden wat in opregtheid na die ware God soek. Maar hierdie dagstuk is veronderstel om vanuit ‘n christelike perspektief geskryf te wees. God is nie onbekend nie. Hy is duidelik deur die Bybel geopenbaar. So probeer die wêreld God minder maak deur te sê “bid saam met my” … Wat bedoel dit? Jy tot jou grote gees en ek tot my God? Dis tog een? Beslis NIE! Die duiwel kom in skaapklere…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.