Simposium ter verdediging van die Christelike geloof gehou

bybel-lees

Foto: Hannah Busing/Unsplash.com

In hierdie onderhoud praat Paul Maritz van Solidariteit Jeug en Podlitiek met Daniël Maritz, ’n predikant by Gereformeerde kerk Brooklyn, en voorsitter van Ratio Christi in Pretoria.

Ratio Christi is ’n apologetiekvereniging, dus ’n vereniging wat verdediging van die Christelike geloof uitbou, ondersteun, en bemagtig. Hierdie vereniging bied volgende week ’n kongres aan, waartydens ’n hele rits apologete gaan praat, onder hulle bekende internasionale apologete, soos professor Richard Howe, van die VSA.

Tydens hierdie podsendingonderhoud vra Paul aan Daniël om eers uit te brei oor wat presies apologetiek is, en waarom dit so belangrik geword het in die 21ste eeu. Ná afloop hiervan bespreek hulle die hoogtepunte van volgende week se kongres, met spesifieke fokus op wat die kongresbywoners kan verwag, en waarna uitgesien kan word. Daniël is van mening dat daar werklik iets vir almal is, en brei uit oor ʼn paar gesprekke wat, volgens hom, as hoogtepunte gesien kan word.

Daar is in die laaste paar jaar ʼn groter wordende klem op apologetiek, namate die sekulariserende invloed van veral die Weste oorspoel na Afrika toe, en juis daarom is verdediging van die geloof, en inisiatiewe wat hierdie verdediging bevorder, so belangrik.

Persone wat sou belangstel om meer uit te vind oor Ratio Christi se Apologetiek-simposium van 2019 is welkom om hul Facebook-blad Ratio Christi Symposium 2019, of die amptelike webblad www.ratiochristisymposium.co.za te besoek, waar die volledige program met betrekking tot sprekers, lokale, en tye beskikbaar is.

Die fokus van hierdie jaar se simposium is die verdediging van waarheid aan universiteite, maar jonk en oud is welkom om aan te sluit!

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.