Gedagte vir die dag: Skakel die masjiene af

Vrou_sit_hek_sonsondergang_stiltetyd.jpg

Foto: invertedculture.net

Verdra mekaar en as enigeen ’n klagte teen iemand anders het, vergewe mekaar. Vergewe mekaar soos die Here julle vergewe het. (Kolossense 3:13)

Het jy dalk ook iemand anders se sonde aan ’n lewensondersteuningstelsel gekoppel omdat dit vir jou moeilik is om te vergewe?  Dan is dit tyd dat jy vir God sê dat jy hulle nou gaan afskakel. Klik. Dit sal lelik-seer uit jou hart val. Leef dan volgens die wete dat jy vry is. Jy het dit laat vaar. Niemand skuld jou nie.

Jy het die oortreders aan die God van oral-en-altyd-geregtigheid oorgegee. Sy genade in jou lewe was beslis al só uitsonderlik dat dit ondenkbaar is om dit van iemand anders te weerhou.

Maar jy sal moet dapper wees om só te vergewe, want as jy ernstig daaroor is om jou hart skoon te maak, sal God jou by jou voorneme hou. Hy sal hartkloppings begin, wat jou op ’n pragtige manier ontsenu en van jou sonde oortuig, want Hy verlang daarna dat jy vry moet wees.

Wie kan jy vandag vryspreek?

Here, dis so moeilik, maar ek wil hierdie persoon vryspreek. Ek kan nie langer die gewig van hierdie persoon in my hart saamdra nie. Ek gee hom/haar aan U oor. Amen

Bron:
Omvou deur genade deur Dalene Reyburn
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

SkoonmaSeTong ·

Hoe maak mens met ‘n giftige familielid… iemand wat altyd negatief is en NET kla? Om te praat daaroor help NIKS, sy hou net aan en niks is goed genoeg nie. En dis ook nie iemand wat mens werklik net uit jou lewe kan ban nie. Maar die irritasie, woede en ‘resentment’ bly opbou. Want in my gedagtes, is die enigste plek waar ek kan baklei met haar.

magda ·

Hi jy…bly net glo en hou aan bid vir haar… ek het n stief dogter wat erger is…liefse daar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.