Skakel in by ’n Paasdiens dié naweek

kruis-hout-lug-wolke

Foto: Aaron Burden/Unsplash.com

Van die Swartland en die Weskus tot Pretoria en die Vrystaatse platteland het dominees die afgelope paar Sondae voor kameras reggeskuif vir video-uitsendings na lidmate wat ingeperk is deur die afsonderingsmaatreëls wat eredienste verbied.

’n Nuwe platform van Bybel-Media, www.KiesKerk.com, maak dit nou vir webgebruikers makliker maak om eredienste te vind en ingeskakel te bly by hul geloofsgemeenskappe.

“Vir sommige leraars was dit ’n eerste, maar ander is reeds gesoute vlogggers (video-bloggers),” sê dr. Nico Simpson, sameroeper van die span agter die nuwe inisiatief deur Bybel-Media, ʼn kerklike mediamaatskappy sonder winsoogmerk.

Meer as 18 000 mense het sedert 21 Maart KiesKerk besoek, volgens ds. Lenois Stander, wat die platform ontwikkel het en dit bedryf. “Ons is beïndruk met gemeentes se aanpasbaarheid onder uitdagende omstandighede en wil hierdie pogings om nuwe digitale bedieningsvorme te ontwikkel onder ’n wyer gehoor se aandag bring,” het hy gesê.

Hoewel die meerderheid gemeentes wat tans die platform gebruik van die NG Kerk is, is daar ook groeiende deelname deur susterskerke en ander denominasies.

Indien jy enige vrae oor KiesKerk het, of nog inligting hieroor wil kry, kan jy ʼn e-pos na dr. Nico Simpson stuur by [email protected] of ds. Lenois Stander by [email protected].

  • Maroela Media het ʼn lys saamgestel van kerke en gemeentes wat aanlyn Paasdienste hierdie naweek aanbied. Indien jy van nog soortgelyke dienste weet kan jy die inligting van die diens sommer direk op Maroela Media se kommentaarafdeling op ons webwerf of Facebook-blad onder aan hierdie artikel plaas.

Lys van dienste:

Addisioneel: Paasdienste

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Iebbe ·

Doxa Deo Bloemfontein het ook paasdiens aanlyn. Facebook en YouTube

Tonyn ·

Ou Apestoliese kerk.
10 April
9:00AM
Zoom
ID: 983 995 8820
Pass: 132539

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.