Gedagte vir die dag: “Skatte van al die nasies”

sonsondergang_wolke_son_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Ek sal ook al die nasies laat bewe, sodat die skatte van al die nasies sal toevloei; en Ek sal hierdie huis met heerlikheid vervul, sê die HERE van die leërskare. (Haggai 2:7, Bybel in Afrikaans 1933/1953)

“Wie is hierdie “skatte van al die nasies”, die Een na wie mense hunker, hetsy hulle dit besef of nie? Hy is die Messias, wat gekom het om ons te bevry.

Wat is sy karaktereienskappe? Hy “weerkaats God se heerlikheid, en Hy is die presiese ewebeeld van wie God werklik is. Deur sy magtige bevel hou Hy die ganse heelal in stand. Nadat Hy gesterf het om ons van sondes te reinig, het Hy die posisie van eer en mag aan die regterhand van God ingeneem – dié God so vol majesteit wat in die hemel woon” (Hebreërs 1:3).

God het ons gemaak, en ons is vir God gemaak. Dit is God na wie ons hunker, en Jesus, God se Seun, bring die Vader na ons toe. Eintlik is God se grootste geskenk Hyself. Ons het die Verlosser nodig en Hy het ’n Naam: Jesus (wat beteken “God red”).

Hy was waarlik God; daarom kon Hy voorsien; Hy was waarlik mens; daarom kon Hy gehoorsaam en ly in ons plek … sodat God en mens weer gelukkig saam kan wees. – George Whitefield

Bron:  In die Teenwoordigheid van Jesus deur Randy Alcorn
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.