Gedagte vir die dag: Skatte wag

Bybel_boek_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Die woord van God is vol lewenskrag en energie. (Hebreërs 4:12)

’n Leraar het eenkeer uitgelig hoe belangrik dit is om die Skrif elke keer te lees asof dit die eerste keer is, en om God toe te laat om deur sy Woord te sê wat Hy wil hê ons daarin moet ontdek. Om die Bybel te lees, is elke dag soos ’n skattejag. Stukkies en brokkies wat voorheen skynbaar onbeskikbaar was, is nou duidelik daar vir ons om bymekaar te maak. Die Bybel voorsien wat ons nodig het om in hierdie onseker tye te leef. Baie mense gryp na die nuutste gier net om na ’n rukkie uit te vind dat hulle niks standvastigs het om op staat te maak nie. Skatte wag op die een wat die Woord van God optel en versigtig van die een bladsy na die ander oorgaan op soek na wenke vir die lewe. Oomblikke elke dag kan ’n wêreld se verskil maak in ’n lewe wat geen hoop of rigting het nie.

Here, dankie dat U ons met u Woord seën wat vol skatte is wat nooit sal opraak nie. Amen

Bron:
Wysheid uit die Woord deur Troy Johnsen
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.