Gedagte vir die dag: Skeppingsdoel: Heerskappy

sonsopkoms_voels_stiltetyd_Marco-Brits.jpg

Apoka Safari Lodge, Uganda (foto: Marco Brits)

U laat hom heers oor die werk van u hande, U het alles aan hom onderwerp: skape en beeste, alles; selfs die diere in die veld, die voëls in die lug, en die visse in die see wat die oseane deurkruis. (Psalm 8:7-9)

Dawid vra na die mens se plek in die skepping. Hy dink aan Genesis 1:26 waar God sê: “Kom Ons maak die mens as ons verteenwoordiger, ons beeld, sodat hy kan heers … ” Die eerste woorde wat God oor die mens sê, is dat sy skeppingsdoel sal wees om oor alles wat gemaak is te heers: oor die diere, plante, die aarde – in beginsel ook oor die bose magte. Die mens is aangestel om te heers oor die wêreld, maar natuurlik onder God, namens Hom. Het ons tot dusver ’n goeie werk gedoen? Ongelukkig nie! In plaas van goeie, goddelike heerskappy was daar eerder misbruik en vernielsug.

Daar is egter nog ’n toepassing: Ons ingebore drang om te heers geld ook in ons persoonlike wêreld. Dit bring orde, vrede en sin as ons oor ons eie chaos begin heers. Bring jou lewe en verhoudings dus onder beheer deur selfleierskap en deur dissipline. Ons is daarvoor gemaak! Onthou egter dat ons heerskap onder Hom plaasvind – plaas alles onder sy beheer!

Here, leer my om in my lewe te heers op die manier wat U sal eer en ander sal dien. Amen.

Bron:
Hou vas aan die Hoop deur Jimi le Roux
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Maria ·

Here vergeef en vergewe dat u opdrag is Here ons natuur en diere gegee om op te pas nie nakom deur ons selfsug ondankbaarheid ens Amen

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.