Gedagte vir die dag: Snoei bring ’n oes

gedagte-van-die-dag-vrugteboord

Foto: treekb.com

Julle is alreeds reg gesnoei deur die woorde wat Ek vir julle gesê het. Elkeen wat vrugte dra, snoei Hy reg, sodat dit nog meer vrugte kan dra. (Joh 15:2-3)

Die woorde wat Jesus spreek, word telkens vergelyk met ’n swaard wat by Jesus se mond uitkom. Hierdie swaard oordeel die wêreld, maar snoei die kerk. Jesus sny alles weg wat vleeslik of skadelik vir ons lewens is sodat ons ongehinderd vrug kan dra wat God verheerlik.

Om Jesus se woorde in jou lewe te verwelkom, is om God se seën in jou lewe te omhels. Om ’n honger te hê na wat Jesus sê en tyd saam met Hom deur te bring om dit te hoor, is om jou lewe te rig na God se waarheid. Om te doen wat Jesus sê, is die realisering van jou skeppingsdoel. Daar is niks belangriker as dit nie. Hy snoei jou lewe en bring die beste – Gód se lewe – in jou na vore.

Gee Jesus vrye toegang tot jou hart. Laat Hom toe om in jou lewe te snoei waar Hy dit ook al nodig vind. Dit beperk nie jou lewe nie; inteendeel, dit bevorder God se lewe in jou.

Bron:
Jesus se woorde vir mans deur Riekert Botha
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.