Só kan jy as Christen met Secret BookBox teruggee

(Foto verskaf)

Geletterdheid is ’n brug tussen ellende en hoop volgens Kofi Annan, die sewende sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies. Daar is ook al gesê dat geletterdheid individue uit armoede lig. ’n Rits voordele word gekoppel aan dié vaardigheid soos lewenslange geleerdheid, die aanleer van vaardighede, bevoordeling van die ekonomie, werkskepping en verbeterde selfvertroue. Onomwonde is dit van die redes hoekom miljoene mense, jonk en oud, nooit sonder goeie boeke en literatuur sal kan klaarkom nie.

Die deel en verspreiding van goeie, Christen-gebaseerde literatuur en vaardighede met mense uit alle vlakke van die samelewing, is die rede vir die ontstaan van die Secret BookBox. Maar wat is nou eintlik so ‘geheimsinnig’ hieraan? “Ons het ’n groot rykdom van kennis in die vorm van Christelike boeke wat ons tot goeie nut beskikbaar wil stel,” sê hoof- uitvoerende beampte van die WordSpread Foundation, Christo van der Schyff. “Maar, ons wil die gees van paying it forward aanmoedig by die ontvangers van ons boeke. Ons model is van so ’n aard dat wanneer jy ’n Secret BookBox-intekenaar word, jy ’n Christelike boek by jou deur ontvang, sonder om te weet watter boek dit sal wees.”

Van die titels sluit in: Highly Favoured, Parenting with Purpose, Answers for your Marriage, Learning to Lead and Business as Mission. “Hierdie titels is daarop gemik om kennis en vaardighede by lesers te bevorder, maar vanuit ’n Christelike invalshoek,” voeg Van der Schyff by.

Bykomend tot die R250-subskripsiefooi per maand wat ’n geheime Christelike boek bevat, is die geleentheid om twee Christene gratis op te lei in persoonlike evangelisasie en dissipelskap. “Dit is waar die toegevoegde waarde inkom om ons missie te ondersteun en sodoende 17 000 gelowiges op te lei teen einde Junie 2021,” sê Van der Schyff. “Ons het reeds meer as 10 000 gelowiges opgelei reg oor Suid-Afrika.”

Die Secret BookBox kan ontskatbare waarde bring as ’n geskenk van hoop en kennis vir gelowiges en ongelowiges. Dit bied die ontvanger van elke boek die geleentheid om die goeie nuus te deel en uit te reik met ’n geskenk wat oor en oor gedeel kan word. Besoek gerus www.wordspread.co en help ons om hierdie geskenke van hoop, kennis en vaardighede te versprei.

Hierdie plasing is deur ʼn onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Deel van: Stiltetyd

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae