Gedagte vir die dag: So praat mens!

hande-tevrede.jpgSo moet julle bid: Ons Vader wat in die hemel is, laat u Naam geheilig word. (Matt 6:9)

Hierdie sin in Matteus 6:9 is oorweldigend vir my. Niemand het ooit kon droom dat enigiemand God as Vader sou kon aanspreek nie. Hierdie gebed was, en is nog steeds, ‘n absolute revolusie in die mens se verstaan van God. Die implikasies hiervan sal baie boeke kan vul.

Die kinders van God het een droom: Om God hul Vader te heilig in alles wat hulle doen. Hulle wil hul Vader vereer sien, nie net in hul eie lewe nie, maar in die hele wêreld. Dit is waaroor hulle lewe – om een met God te wees en sy heerlikheid in alles te laat weerspieël.

Hierdie eerste sin van die Ons Vader-gebed toon nie net die uniekheid van die dissipels se verhouding met God nie, maar ook hulle vervreemding van die wêreld.

Om God as Vader te ken en Hom in alles te eer is totaal onbekend en vreemd vir die wêreld. Die gaping tussen dissipels en wêreldlinge is ʼn enorme ravyn wat slegs oorbrug kan word deur die bloed van Jesus.

Bron:
Jesus se woorde vir mans deur Riekert Botha
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

nadia ·

As jy as persoon jou alles vir die Here gee sal dit maklik wees om persoonlik met Hom te praat asof dit jou Pa is met wie jy praat ons almal het die Here nodig in ons lewe.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.