Gedagte vir die dag: Soek die Here

Boesmansriviermond_stilte_strand_stiltetyd.jpg

Foto: Annelize Brits

As julle heelhartig na My soek, sal julle My vind. Julle sal My toeganklik vind,” sê die Here. (Jeremia 29:13-14)

As jy nie glo nie, is dit onmoontlik om God tevrede te stel. Wie tot God wil nader, moet glo dat Hy werklik dáár is en dat Hy dié wat na Hom soek, beloon. – Hebreërs 11:6

Ons moet heel eerste glo dat God God is, en tweedens moet ons weet as ons Hom heelhartig soek, sal ons Hom vind en Hy sal ons beloon. Onthou, die krag lê nie bloot in die Naam Jesus nie; dit is om die Naam te ken en om Hom te ken. Hy beloon dié wat Hom vertrou. Ek en jy moet vandag die Naam van die Here vertrou.

Ons lees in Kolossense 1:27: “Christus leef in julle. Dit is die vooruitsig dat julle in die hemelse heerlikheid sal deel.” Die duiwel is vir niks bang nie buiten vir die Here wat in ons woon. Baie mense ken die Bybel uit hul kop uit, maar het nog nooit die Outeur van die Bybel ontmoet nie. Ons moet die Here leer ken en onthou dat Hy sorg vir almal wat Hom heelhartig soek. Hy sal dié wat Hom met al hul krag soek nie ignoreer nie. Almal wat Hom met hul hele hart soek, sal Hom vind.

God sal altyd geloof beloon; nie goeie werke of ons beste pogings nie. Hoekom? Wel, geloof is om sy Naam te eer. As jy vandag in die geloof uitgaan, sal God jou ontmoet, want Hy het jou lief.

Bron: Alles wat ek nodig het deur Angus Buchan
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.