Gedagte vir die dag: Soek hom heelhartig

aanbid_stiltetyd_pixabay.jpg

Argieffoto (Foto: Pixabay)

Julle sal na My roep en bid, en Ek sal na julle luister. As julle heelhartig na My soek, sal julle My vind. (Jeremia 29:12-13)

Jesus Christus roep jou om Hom te vertrou in die nuwe en onbekende situasies waarin jy jou dalk bevind. As jy nie is waar jy wil wees nie en tussen mense is by wie jy nie wil wees nie, maak jou lewe dan oop vir Jesus wat jou in elke situasie sal kom ontmoet. Daar wag dalk ’n aangename verrassing op jou. Indien jy hunker na wat vroeër was en wat jy toe gehad het, staan jy moontlik gevaar om die Christus van die teenwoordige oomblik mis te loop. Roep Hom vandag en elke ander dag in gebed aan. Hy sal jou gebede verhoor.

Heilige God, gee dat ek my van my verlede sal losmaak en U as die teenwoordige Here sal ken. Amen.

Bron: My gunsteling Bybel oordenkings
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

1 Kommentaar

jongste oudste gewildste
Yvonne

Dankie Here vir genade onbeskryflik groot