Gedagte vir die dag:  Soewereine Here 

koninkryk-van-God-2

Foto: Pok_Rie/Pixabay.com

Omdat God ons liefhet, het Hy ons, al voor die wêreld gemaak is, uitgekies om Syne te wees en onberispelik in liefde voor sy aangesig te lewe. Deur wat Christus gedoen het, het God vooraf besluit om ons as sy kinders aan te neem. Hy het dit gedoen omdat dit is hoe Hy dit wou hê. (Efesiërs 1:4-5)

God sal ons nie verantwoordelik hou daarvoor om die geheimenisse van verkiesing, voorbeskikking en die Goddelike soewereiniteit te verstaan nie. Die beste en veiligste manier om hierdie waarhede te benader, is om ons oë op God te rig en met opregte eerbied te sê: “O Here, U weet.”  Daardie dinge behoort aan die diep en geheimsinnige alwetende God. Om dit te bestudeer, maak dalk teoloë, maar dit sal nooit heiliges voortbring nie. ~ A.W. Tozer

U, Here God, is soewerein en weet alles reeds van die begin van tyd af. Mag ons altyd bewus wees van u grootheid en majesteit. Amen

Bron: Wysheid uit die Woord
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Mariana ·

My God is so Groot so Sterk en so Almatig. Daars niks wat my God nie kan doen.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.