Met totale beskeidenheid en sagmoedigheid, ja, met geduld moet julle mekaar in liefde verdra. (Efesiërs 4:2)
Daar is ’n verskil tussen onnodig aanstoot neem en werklik teen gesondig word.
Sonde is die keuse om te doen wat verkeerd is, of om te kies om nie te doen wat reg is volgens God se wet nie. Wanneer iemand teen jou sondig, is dit daardie persoon se probleem. God sal haar verantwoordbaar hou, en sy sal Hom – en hopelik jou – om vergifnis moet vra.
Aanstoot is iets anders, want as iemand jou laat aanstoot neem, is dit eintlik maar net jou probleem. Die feit dat jy gepla of vies is omdat jy iemand oorgenooi het en sy jou nou nie na haar huis toe nooi nie, is, wel, eintlik maar jou probleem. Haar weiering is nie sonde nie.
Wanneer jy beledig voel, help dit om dít wat die ander persoon gedoen of nie gedoen het nie as blote inligting oor haar of oor die situasie te beskou. Laat die aanstoot net daar lê. Dis nie iets wat jy hoef te dra nie. Dis ook nie noodwendig iets wat jy hoef te vergewe nie. Maak soos Paulus: Wees sagmoedig en geduldig, en laat ruimte vir mekaar se foute.
Is daar iemand in jou lewe wat jou gereeld irriteer? Sondig hy of sy regtig teen jou, of het julle maar net verskillende ritmes en waardes?
Here, maak my sagmoedig en geduldig. Help my om nie aanstoot te neem nie, maar om liewer ’n humorsin te hê en hulle liggies af te lag. Amen
Baie dankie vir u tyd,bemoeidigings en liefde wat u-hulle handhaaf. Hoop om altyd met julle te wees in gees en siel. Geseende dag!