Gedagte vir die dag: Sonder enige iets is jy …

Sonsondergang - Boekevat - Foto: C Brits

Foto: Christo Brits

Want ek is gedurig bewus van u liefde … (Psalm 26:3)

Jy is oneindig kosbaar. En God wil in sy grenslose liefde net die beste vir jou hê. Tog kan dit gebeur dat ons vierkantig in die plek van God se goedheid en plan vir ons lewe staan.

Voordat Jesus met sy roeping begin, spandeer Hy 40 dae in afsondering in die woestyn en toe Hy op sy weerloosste is, is Satan gereed om Hom te versoek met dié tipe dinge wat so dikwels ook óns kniehalter. Hy sê:

  • Jy is wat jy doen. “As jy die Seun van God is, beveel hierdie klippe om brode te word.” (Matt. 4:3)
  • Jy is wat ander van jou dink. “As jy regtig die Seun van God is, spring dan hier af.” (Matt. 4:6)
  • Jy is wat jy het. “Dit alles sal ek vir jou gee. Al wat jy moet doen, is om neer te kniel en my te aanbid.” (Matt. 4:9)

Weet vandag: Jy is nié wat jy doen nie, ook nie wat ander van jou dink nie en veral nie wat jy het nie. Jy is God se geliefde kind sonder al daardie dinge.

Dankie dat U my liefhet sonder enige doen, enige moet-wees en enige wat-ek-het.

Bron: Krag vir elke dag deur Milanie Vosloo
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Yvonne ·

Dankie Here dat U my liefhet…..sonder enige verdienste..Amen

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.