Gedagte vir die dag: Sonder vrees

aand_sterre_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Toe sê die engel vir hulle: “Moenie bang wees nie, want kyk, ek bring vir julle ’n goeie tyding van groot blydskap wat vir die hele volk bestem is. Vandag is daar vir julle in die stad van Dawid die Verlosser gebore.” (Lukas 2:10-11)

Toe die engel aan die skaapwagters verskyn, was hulle eers baie bang. Maar die engel stel hulle gerus. Hy sê vir hulle dat dit onnodig is om bang te wees; die boodskap wat hy bring, is een van groot blydskap: die Verlosser waarna hulle so lank al uitsien, is uiteindelik gebore.

Christene is mense wat vreesloos kan lewe. Ook jy hoef nie bang te wees nie omdat jou Verlosser 2 000 jaar gelede in Betlehem gebore is.

Eers wanneer jy leer om nie te vrees nie, sal jy ontdek hoe wonderlik dit is om te ly en tog sterk te bly. ~ Longfellow

Bron: Hoop vir vandag deur Nina Smit
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.