Gedagte vir die dag: Soos heuning in die môreson

sonsopkoms.jpg

Foto: flickr.com

Geseënd is dié wat rein van hart is, want hulle sal God sien. (Matt 5:8)

Die woord “rein” dui letterlik op skoon heuning wat gesuiwer is van al die dingetjies wat ’n mens gewoonlik in rou heuning kry, soos byevlerkies en -pootjies. Rein heuning is die skoon, goue heuning wat helder glim in die oggendson.

God is ’n God van die hart. Mooi dade met vuil harte is ’n aaklige gesig vir Hom. Jesus spesialiseer daarin om harte te suiwer. Hoe meer ons ons harte aan Hom blootstel om dit te suiwer, hoe duideliker word God vir ons. Onrein harte sukkel om God te sien, maar gesuiwerde harte kan God se teenwoordigheid geniet.

Eintlik is hierdie woorde van Jesus ’n uitnodiging aan my en jou: “Kom vriende! Moenie langer uitstel om deel van die fees te wees nie!”

Here Jesus, dankie dat U so lief is vir my dat U my agter my maskers en skanse uithaal sodat ek God kan beleef. Dankie vir die voorreg om deur U gereinig te word.

Bron:
Jesus se woorde vir mans deur Riekert Botha
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.