Gedagte vir die dag: Soos ons ook vergewe

voete_beker_Stiltetyd.jpg

Foto: jamiegrubb.wordpress.com

Daarna het Petrus na Jesus toe gekom en gevra: ‘Here, hoeveel keer moet ek my broer vergewe as hy iets verkeerds teen my doen? Selfs sewe keer?’
Jesus antwoord hom: ‘Ek sê vir jou, nie sewe keer nie, maar selfs sewentig maal sewe keer.’ (Matteus 18: 22)

Nee, o aarde, hoe kan jy iemand toelaat om jou aanhoudend te treiter en hom elke keer maar weer vergewe?

Ter verduideliking van hierdie stelling wat op die oog af bitter onregver­dig lyk, vertel Jesus die verhaal van die koning wat besluit het om sy boeke na te gaan en ontdek het dat een van sy amptenare hom miljoene skuld, maar dit glad nie kon betaal nie. Om sy geld terug te kry het die koning beveel dat die amptenaar, sy vrou en kinders en al sy besittings verkoop word sodat hy sy skuld kan betaal.

Die amptenaar het in trane uitgebars, voor die koning neergeval, hom om uitstel gesmeek en belowe om alles terug te betaal. Die koning het hom jam­mer gekry en sy skuld heeltemal afgeskryf. Maar toe die amptenaar by die hof uitstap, kry hy een van sy medeamptenare wat hom net ’n klein bedraggie skuld en hy gryp hom en eis sy geld. Die man smeek hom om genade, maar hy is onverbiddelik en laat gooi hom in die tronk totdat hy alles betaal het.

Toe die koning dit uitvind, was hy so kwaad dat hy die eerste amptenaar oorgegee het om gemartel te word tot hy alles betaal het.

Jesus het die verhaal afgesluit met: ‘So sal my Vader wat in die hemel is, ook met julle maak as julle nie elkeen sy broer van harte vergewe nie’ (Matt 18:35).

Liewe Here, dis waar. Hoe kan ons vergifnis van U verwag as ons mekaar nie vergewe nie? Ek wil so graag bevry wees van elke wraakgedagte, ek wil vergewe, maar dis moeilik. Help my en vul my met die krag van u liefde.

Bron:
Liefde vir elke dag deur Helena Hugo
Uitgewer: Struik Christian Media

Boeke deur Helena Hugo is nou beskikbaar by CUM Boeke
Vir meer geestelike artikels besoek Joy! Digital 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Attie ·

Baie dankie vir hierdie boodskap! Ons bid ook elke oggend en aand om almal te vergewe en geleer dat nadat almal vergewe is, vir hulle vrede te bid en ook JESUS seen oor hulle uit te spreek . Liefde Genade en Seen vir almal Amen . SHALOM .

Roela ·

Here leer my om 70×70 keer te vergewe want ek kry dit nog nie reg as daarteen my aanhoudende slae is deur die wat die naaste aan my is nie. Here leer my vergewensgesindheid want ek weet dit is al hoe ek kan verwag om vergewe te word. Ek le alles in u hande ek gee oor Jesus.

Fanie ·

Dink net hoeveel keer God ons vergewe …….
Sekerlik meer as 70×70 elk jaar ……..
Slegs die genadedawe van die kruis deur Christus ……

Gert ·

Daar is voorwaardes vir vergifnis. Jesus leer ons om te vergewe soos ons Vader ons vergewe. God vergewe ons slegs nadat ons tot bekering kom, berou het en ons sondes bely het.
Dit is dus onbybels om boosdoeners sommer net voor die voet te vergewe.

Pietman ·

Ja Gert dis seker waar, maar tog is dit so geskrywe in Jesus se modelgebed: ”vergewe ons skuld SOOS ons ons skuldenaars vergewe” en elders se Jesus: “met dieselfde maat waarmee julle meet, sal weer vir julle gemeet word”. Jesus se evangelie is op genade gebou-nie op menslike redenasies nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.