Gedagte vir die dag: Spesiale geskenk

geluk_uitgestrekte-arms_sonsondergang_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Ek loof U omdat U my so besonder wonderlik gemaak het. (Psalm 139:14)

My kleindogter hoor al van haar geboorte af dat sy ’n spesiale geskenk van God is. Wanneer mense haar nou vra wie sy is, sê sy vir hulle: “Ek is ’n spesiale geskenk van God.” Selfs as driejarige, vertel sy vir mense waarom sy so spesiaal is. Sy vergeet byna nooit om vir hulle te vertel dat sy soos Jesus gemaak is en dat Hy vir haar aan die kruis gesterf het nie. Sy verstaan natuurlik nog nie heeltemal wat verlossing behels en wat dit beteken om soos Christus te wees nie, maar haar jeug keer haar nie om te leer wat baie volwassenes nie kan begryp nie: dat Christus ons na sy beeld gemaak het en dat ons besonder wonderlik gemaak is. Loof die Here! My kleindogter hoor al van haar geboorte af dat sy ’n spesiale geskenk van God is. Wanneer mense haar nou vra wie sy is, sê sy vir hulle: “Ek is ’n spesiale geskenk van God.” Selfs as driejarige, vertel sy vir mense waarom sy so spesiaal is. Sy vergeet byna nooit om vir hulle te vertel dat sy soos Jesus gemaak is en dat Hy vir haar aan die kruis gesterf het nie. Sy verstaan natuurlik nog nie heeltemal wat verlossing behels en wat dit beteken om soos Christus te wees nie, maar haar jeug keer haar nie om te leer wat baie volwassenes nie kan begryp nie: dat Christus ons na sy beeld gemaak het en dat ons besonder wonderlik gemaak is. Loof die Here!

Dankie, Here, dat U ons na u beeld geskep het. Ons is spesiale geskenke van God. Amen

Bron:
Wysheid uit die Woord deur Troy Johnsen
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Genieve ·

Dankie Here dat u my spesiaal gemaak het want ek is U geskenk.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.