Gedagte vir die dag: Splinternuwe antieke woorde

ATTACHMENT DETAILS vrou_prys-God_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Maak oop my oë sodat ek die wonders kan sien wat opgeskryf is in u gebooie. (Psalm 119:18)

Nou die dag sê my vierjarige vir my: “Mamma, ek ken ál die episodes van die Bybel!” Ek is bly hy voel hy het ’n goeie begrip van die Skrif, maar ek wil hom leer: Niemand van ons durf ooit dink dat ons God se Woord onder die knie het nie. Dat ons nie iets nuuts daaruit kan leer nie. Dat ons nie elke lagie van die dieptes van die God-geïnspireerde Skrif verstaan nie.

Daar is niks wat jou so vinnig terugdryf na God se Woord en jou desperaat van Genesis tot Openbaring na antwoorde laat soek as nood en benoudheid nie. Dis mos in God se Woord dat jy bekende plekke vind om by stil te hou en te rus. Haal diep asem en onthou wat jy sien in die geliefde waarhede. Staan verwonderd oor ou woorde wat nuut word weens jou perspektief op die afgrond waarlangs jy staan. Vir elke nuwe stel omstandighede wat opduik, sal ou, onveranderlike waarhede uit die Woord op nuwe, heerlike maniere skyn en jou bemagtig om ’n dapper en pragtige lewe te lei, net daar waar jy is.

Was daar al dae – miskien selfs seisoene – waarin jy gevoel het God se Woord is verouderd of irrelevant vir jou situasie?

Vader, ek wil nie u Woord só lank ignoreer of vermy dat helder waarhede stof vergaar in my hart en gedagtes nie. Hou u Woord vars in my hart. Amen

Bron:
Omvou deur genade deur Dalene Reyburn
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Lena Jonk ·

Ja Jesus se Woord het elke dag iets nuuts vir ons. Ons God is en was en sal altyd daar wees vir ons, ons moet net aan Sy Woord en aan Hom vashou, hoe Almagtig Groot is Hy nie.

Genieve ·

Maak tog my oe ook so oop Here dat ek waarlik alles kan sien.Dankie vir dii woord want die bring lewe in oorvloed.

Mien ·

Leer elke dag iets nuut wat ek vantevore nie raakgesien of verstaan het nie.

Ben Smit ·

Voel liewer trots en nederig dat jou kind dit van jou dink.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.