Gedagte vir die dag: Spotkoning of Hemelkoning?

ATTACHMENT DETAILS doringtak_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Toe roep hulle die hele regiment bymekaar en trek vir Hom ’n pers mantel aan. Hulle vleg toe ook ’n kroon van dorings en sit dit op sy kop. Daarop begin hulle Hom salueer met die woorde: “Ons groet u, o Koning van die Jode!” (Markus 15:16-18)

Op die Vrydag van die Paasfees het die openbare teregstelling van politieke oproermakers, moordenaars of rowers plaasgevind. Rome het geen vorm van misdaad geduld nie. Oortreders is gekruisig. Een van die gevangenes was die berugte Barabbas. Hy was volgens die Evangelieskrywers ʼn moordenaar, opstandeling en rower. Hy het as’t ware ʼn driedubbele doodstraf verdien. In ʼn poging om tog vir Jesus los te laat, het Pilatus sy laaste troef gespeel. Die volk kry die keuse wie gekruisig moes word, Jesus van Nasaret of Jesus Barabbas.

Dit klink heeltemal onmoontlik, maar dis waar. Die volk, opgesweep deur die godsdienstige leiers, vra dat Jesus Barabbas vrygelaat moet word en Jesus Christus gekruisig moet word. Met hierdie keuse speel ʼn Goddelike tafereel af, ʼn voorafskadu van wat die kruis inderwaarheid sou beteken. Skuldige sondaars word vrygelaat en die sondelose Seun van God sterf in hulle plek. In my plek. In jou plek.

Bron:
By waters van rus deur Johan Smit
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Andre ·

Ek is nie seker waar presies die fout ontastaan het nie, maar buiten die teks gedeelte is die skrif 100% dieselfde as gister s’n.
Fout of so bedoel?

Kudde ·

Nou as godsdienstige leiers sulke twak kan aanvang- hoe moet mens hul vertrou?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.