Gedagte vir die dag: Staan vas in die vryheid

man-with-open-arms-705x335.jpgOm vrygemaak te wees van sonde is ’n wonderlike realiteit wat elke dissipel van Jesus kan beleef. Ons almal ken die las wat sonde op ons lewe het, en om dan daarmee te breek, is ’n kragtige getuienis van die werklikheid van Jesus in ons lewe. Om vry te wees is iets wat dissipels van Jesus soos goud moet bewaar. Bewaak jou verlossing met ywer en vasberadenheid! Bewaar dit, koester dit en geniet dit. Jesus kan en sal jou waarlik vrymaak as jy vry wil wees!

Om vry te wees! – dit is waarvoor Christus ons vrygemaak het! Maak seker dat julle vry bly, en moet nie weer onder ’n slawejuk vasgebind word nie. (Galasiërs 5:1)

As die Seun julle dus bevry, sal julle regtig vry wees. (Johannes 8:36)

Bron:
’n Anker vir die siel deur Riekert Botha
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.