Gedagte vir die dag: Standvastigheid

Storm_see_rotse_golwe_boekevat_ChristoBrits.jpg

Foto: Christo Brits

Maar ook julle sal nie standhou as julle nie in geloof standhou nie. (Jesaja 7:9)

Miskien dink jy ook dis vandag moeilik om by jou oortuigings te bly. Daar is soveel vreemde opinies en slim redenasies dat jy wonder of jou geloof en jou siening van sake nie dalk outyds en uitgedien begin raak nie. Doktore en professore kom met nuwe navorsing wat ou feite verkeerd bewys en die sogenaamde nuwe teoloë bevraagteken die inhoud en gesag van die Bybel. Sondes is nou siektes wat aanvaar moet word as dit nie met sielkun­dige berading en chemiese middels genees kan word nie. Verdraaide waardes word die norm as die meerderheid dit goedkeur. Elkeen is geregtig op sy eie opinie en die kerk het geen gesag meer nie. Dis asof die mensdom op ’n afgrond staan en huiwer.

Jy het seker al die foto gesien van bergbokke wat teen ’n hoë damwal uit­klouter? Gemaklik, sonder enige teken van vrees, staan hulle en uitkyk oor die bruisende rivier. Dawid het die bokke teen kranse sien uitklouter en die beeld van God wat hom staande hou, het by hom opgekom. ‘God omgord my met krag; Hy maak my pad voorspoedig. Hy maak my voete soos dié van ’n ribbok; op hoë plekke laat Hy my stewig staan’ (Ps 18:33–34).

Mag jou voete net so stewig staan wanneer jy die boonste sport van die leer van sukses bereik het. Mag jy nie toegee aan die versoeking van eersug en egoïsme nie, ook nie aan korrupsie en magsmisbruik nie, maar in geloof stand­vastig bly en aan God die eer gee vir dit wat jy bereik.

Sonder U sal my voete onder my uitgeslaan word, sonder U sal ek nie meer stroomop kan swem nie. Sonder U sal ek van my troontjie aftuimel. Here, ek waag dit nie sonder U nie.

Bron:
Liefde vir elke dag deur Helena Hugo
Uitgewer: Struik Christian Media

Boeke deur Helena Hugo is nou beskikbaar by CUM Boeke
Vir meer geestelike artikels besoek Joy! Digital 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

tino ·

Ek is jammer maar ek dink die verkeerde verwysing vir die text is gebruik. Ek het weer en weer gaan seker maak in my Bybel. Jesaja hoofstuk 7:8 het nie die text waarna jy verwys nie?

Nico Strydom ·

Dagsê tino
Dankie vir jou terugvoer. Dit verskyn wel in Jesaja hoofstuk 7 vers 9. Jammer vir die oorsig. Die wysiging is aangebring.
Vriendelike groete
Nico Strydom nms Maroela Media

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.