Laat dit vir julle ’n saak van eer wees om rustig te lewe, met julle eie sake besig te wees en met julle eie hande te werk. Hierdie riglyne het ons al vroeër aan julle gegee sodat die buitestanders agting vir julle leefstyl sal kry, en julle in geen opsig gebrek sal ly nie (1 Tessalonisense 4:11-12)
Ons jare hier op aarde is vol eindes en beginne. Nuwe rigtings en vars lewensemesters. Ons reis neem ons na plekke waarvan ons nie eens gedroom het nie.
As jy aan die einde van iets gekom het – en November is gewoonlik vol allerhande soorte eindes – sluit dit goed af. As jy op die punt staan om nuwe dinge te ervaar, doen dit met oorgawe. Wanneer ons enigiets agterlaat, behoort daar blydskap in ons te wees, nie skuldgevoelens, angstigheid, verskonings of regverdigings nie. Daar behoort blydskap te wees, want ons het goed en lig gereis. Daar behoort blydskap te wees, want ons is opgewonde oor en sien met verwagting uit na die volgende deel van ons reis.
As jy nou aan die einde van iets gekom het en net wrewel of uitputting of bitterheid of woede of verligting voel, doen dan wat jy kan om reg te maak met die mense wat betrokke is. Knoop die los punte saam van wat jy in hierdie tyd of op hierdie plek inmekaargeweef het, so netjies en stewig as wat jy kan.
Vader-God, help my om met grasie, dankbaarheid, waardigheid en groot liefde weg te stap of totsiens te sê of neer te sit wat ek dra. Help my om eer te gee aan wie dit toekom. Amen.
Dankie Vader, Amen.
Dankie Here dat U in ons lewens is. Dankie vir al U genade en seëninge Here. Amen !
Dankie Vader vir u woord vir die dag. Amen