Gedagte vir die dag: Steeds dieselfde

Bybel_kruis_2_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Jesus Christus bly steeds dieselfde – gister, vandag en vir altyd! (Hebreërs 13:8)

Sal die Christus wat ons in die hemel as God dien ook ’n mens wees? Ja. “Jesus Christus bly steeds dieselfde – gister [toe Hy op aarde gelewe het], vandag [terwyl Hy in die tussentydse hemel woon] en vir altyd [wanneer Hy op die nuwe aarde in die ewige hemel woon]!” Jesus het nie ’n liggaam aangetrek asof dit ’n baadjie is nie. Hy het nie uit twee afsonderlike komponente, mens en God, bestaan wat na willekeur aan- en afgeskakel kon word nie. Inteendeel, in die lig van sy menswording was Hy en is Hy en sal Hy altyd mens en God wees.

Toe Christus gesterf het, het dit dalk gelyk of Hy sy menslikheid agtergelaat het; maar toe Hy in ’n onverganklike liggaam opgestaan het, het Hy sy permanente identiteit as die God-mens verklaar. Dit is ’n geheimenis wat so wonderlik is dat dit ons asem wegslaan.

Dat die onsterflike God een geword het met die sterflike mens, sal vir ewig die diepsinnigste wonderwerk en die diepsinnigste geheimenis in die heelal bly. – Wayne Grudem

Bron:  In die Teenwoordigheid van Jesus deur Randy Alcorn
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.