Gedagte vir die dag: Stel die regte voorbeeld    

 familie_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Ek is Christus se ambassadeur hier op aarde. Ek verteenwoordig Hom op elke plek waar ek kom. (2 Korintiërs 5:20)    

Vroue en veral ma’s is by uitstek geskik om die wese van Jesus op hierdie aarde uit te leef. Ons Vader het baie spesifieke eienskappe aan ons gegee om ons in staat te stel om vir die wêreld te wys hoe sy liefde lyk. Ja, jy lees reg. Die manier hoe jy leef, vertel vir die mense om jou, dié by die werk en jou huismense hoe groot jou God is. Wat ’n heerlike voorreg en reuse verantwoordelikheid is dit nie!

Vra jouself elke dag: Leef ek só dat ander iets van my groot Meester in my kan sien? Weet ander dat ek gereeld met Hom praat? Sien my kinders hoe ek sy Woord lees en leer hulle by my hoe om te bid … hoe om Hom werklik deel van hul lewens te maak? Is my voorbeeld so navolgenswaardig dat ander Hom as gevolg van my lewe ook volg?

Bid elke dag dat jy die liefde van Jesus in jou lewe sal vergestalt.

Redder-God, help my swakke menswees om elke dag meer en meer ú liefdesbeeld na te boots.

Bron:
Moed vir elke môre deur Milanie Vosloo
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.