Gedagte vir die dag: Sterk in God

Natures-Valley-Boekevat-Foto-Melanie-Schlenter.jpeg

Foto: Melanie Schlenter

Die Here het hom geantwoord:  “Ek is by jou.” (Rig 6:16)

Augustinus het gesê as ons eendag in die hemel kom, gaan ons nie meer sonde doen nie; nie omdat ons nie sonde kán doen nie, maar omdat ons nie meer sonde wíl doen nie, want ons sien God. Hoe sien jy jouself? ’n Belangriker vraag is dalk hoe jy die manier kan verander hoe jy jouself sien. Twee dinge is hier belangrik: Jy glo dit wat God oor jou sê en jy begin waag.

In die teksvers hierbo is ’n wonderlike sinnetjie. Die Here belowe: “Ek is by jou.” Ná al Gideon se verskonings sê God vir hom hierdie een ding: “Ek is by jou.” Daardie sinnetjie verander alles.

Maak dit vir jou saak wie by jou is? As jy glo God is by jou, sal jy elke situasie anders hanteer, want jy weet die God van die heelal, die Skepper van alles, is nou hier by my. Wat ’n wonderlike gedagte! God is by my, en daarom is ek sterk, maak nie saak wat gebeur nie.

Bron:
Hoor die hartklop van God deur Andries Enslin
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.