Gedagte vir die dag: Die storms is onafwendbaar

Storm_see_rotse_golwe_boekevat_ChristoBrits.jpg

Foto: Christo Brits

Die stortreën het geval, vloedwaters het afgekom, winde het teen daardie huise gewaai en daaraan geruk en tog het dit nie ingestort nie, want die fondament was op rots. (Matt 7:25-26)

Die doel van geloof in Jesus is toegang tot God se koninkryk. Dit is om staande te kan bly ongeag die storms. Dit is nooit om jou te vrywaar van storms nie.  In hierdie lewe sal daar storms wees. Jesus praat van vloedwaters en winde wat ruk. Dis ʼn erge aanslag vir die huisie van ons lewens. Almal het en sal dit beleef. Sommige huisies spat uitmekaar, maar sommige staan ferm en onbeweeglik.

Die verskil tussen instort en vasstaan, is wat ons doen met dit wat Jesus sê. Alles wat Jesus sê, is daarop gemik om ons vas te laat staan. As ons na Hom luister, sal die storms nou wel nie ophou nie, maar ons sal ten spyte daarvan kan vasstaan.

God het nie behae in lewens wat uitmekaar val nie.  Hy wil ons juis in staat stel om ons lewens te laat vasstaan. Anker jou in Jesus. Nie net vandag nie, maar elke dag. Dit is jou enigste behoud.

Bron:
Jesus se woorde vir mans deur Riekert Botha
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.