Gedagte vir die dag: Stres is die sondaar!

Berg_wolke_pad

Foto: Reint Dykema

Lees: Psalm 121

My hulp kom van die Here wat hemel en aarde gemaak het. (Psalm 121:2)

Die oorsaak van die spanningshoofpyne waaroor Sala in sy boek Verwerk jou spanning, voorkom uitbranding, oorkom vrees berig, kan voor die deur van stres gelê word. ’n Mens ervaar stres wanneer jy meer probeer doen as wat menslik moontlik is, en dan nie self daarin kan slaag om die mas op te kom nie. Dit is gevaarlik om jou stresvlakke so hoog te laat styg dat jy later nie meer self iets daaraan kan doen nie. As jy eers agter is met jou skedule, kos dit bloedsweet om weer op datum te kom. Vra maar vir my wanneer die sperdatum van ’n boek nader kom! Hierdie stres affekteer jou hele lewe: snags kan jy nie slaap nie, bedags is jy knorrig en op die ou end kry jy glad niks uitgerig nie. Moderne geneeskunde bevind dat die meeste siektes deur oormatige stres veroorsaak word.

Tog kan stres ook ’n goeie ding wees. Dit veroorsaak dat jou hipotalamusklier adrenalien in jou bloedstroom vrystel wat jou in staat stel om veel meer te vermag as wat jy gedink het moontlik is. Kyk maar hoe iemand wat deur ’n bul gejaag word los hande oor ’n draad kan spring. Daardie week voor my boek ingehandig moet word, skryf ek (darem altyd met God se krag!) meer as wat ek gewoonlik in ’n maand se tyd doen. So kom die boeke darem betyds klaar!

Wanneer jy gestres is, soek hulp by die Here. Hy is vol kome in staat om jou spanning te ontlont as jy Hom daarvan vertel.

Hemelvader, U weet hoe gestres ek op die oomblik is. Help my asseblief met my spanning, soos U nog altyd in die verlede gedoen het. Amen.

Bron:
Jy is myne deur Nina Smit
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Muis ·

Amen prys die Heer , ek plaas vandag my stres in U hande o Heer want ek kan dit nie meer alleen dra nie , ek glo en bid dat U vandag my sal verlig van my swaar las en my oplig en na bo laat opkyk, in U Naam is alles moontlik. AMEN

Edna ·

Prys die Here! Ek is so gestres omdat ek nie werk kry nie, want almal dink 65 is te oud. Maar dank die Here dat ek na U toe kan kom met my probleme. En ek glo dat U my weereens deur al die probleme sal dra en oplig. Ek prys U grote naam vir U is alles moontlik.

alida ·

Edna,het jy al alles SELF probeer om ‘n werkie te kry, Hoe klein okal. Die Here is ons herder en gee ons krag as ons onsself wil help.

Amanda ·

Alida, ek is seker jy wou goed bedoel, maar die hoofletters is oorbodig. Kom ons ondersteun en bemoediging – sonder beoordeling.

kes ·

hi edna by god is als moontlik skep moed my sus want die here is in beheer . hy sal niks op jou pad sit wat j nie kan hanteer nie. onthou die here is die here.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.