Gedagte vir die dag: Die stres van besig-wees

man-veld-boom-stiltetyd.jpg

Foto: pixabay.com

Vra na die wil van God in alles wat jy doen. Hy sal die regte pad vir jou wys. (Spreuke 3:6)

Maak die koningsheerskappy van God en dit wat voor Hom reg is, julle prioriteit; dan sal God vir julle al hierdie ander dinge byvoeg. (Matteus 6:33)

Wat kan jy doen om die stres te hanteer van ’n samelewing wat besig-wees sien as iets wat bewonder moet word? Die sleutel is om jou prioriteite vroeg reeds vas te stel. As jy tyd saam met God en sy Woord jou eerste prioriteit maak, het jy ’n Goddelike perspektief op jou aktiwiteite vir die res van die dag.

Is God jou eerste prioriteit elke dag?

Bron: Geanker in genade – ‘n Samestelling
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.