Gedagte vir die dag: Strome lewende water      

wildernis_rivier_stroom_pixabay_stiltetyd.jpg

Foto: pixabay.com

Met die een wat in My glo, is dit soos die Skrif sê: Strome lewende water sal uit sy binneste vloei.” Hiermee het Hy na die Gees verwys. (Joh 7:38-39)     

John Wesley was ’n Anglikaanse priester wat die evangelie in Engeland verkondig het. Hy het geen vrede en vreugde ervaar nie en het geen doel gehad nie. Hy het geen visioen van God ontvang nie. Hy het per skip na Amerika gevaar en gedink hy sou God daar vind. Hy het die evangelie aan die Amerikaan se inboorlinge verkondig, maar geen sukses behaal nie.

Moedeloos, ontnugter en teleurgesteld het John Wesley terug na Engeland geseil. Halfpad oor die Atlantiese Oseaan het hy vir die eerste keer God se stem gehoor. Die skip het in ’n geweldige storm beland en gedreig om te sink. John Wesley het op die boonste dek gestaan. Daar het hy ’n groep Morawiërs gesien wat lofliedere tot God gesing het. Nog nooit in sy lewe het hy so ’n geloof gesien nie. Hy het besef dat hy God nog nooit ontmoet het soos hier die groep mense Hom ontmoet het nie.

Die skip het nie gesink nie, en John Wesley is terug na Engeland om sy soektog na God voort te sit. Hy het na ’n Bybelstudie groep in Aldersgate, Londen, gegaan. Daar het die Heilige Gees met John Wesley gepraat. Hy het vertel: “Ek het ’n warm gevoel oor my hart voel spoel. Die skille het van my oë geval. Ek kon sien.”

Vanaf daardie oomblik het John Wesley Engeland aan die brand gepreek. Strome van lewende water, die Gees van God, het uit sy binneste gevloei, en hy het baie mense na Jesus Christus gelei.

Here my God, gebruik my om strome lewende water na ander mense te laat vloei sodat almal in U kan glo. Amen

Bron: Aartappelgeloof vir elke dag deur Angus Buchan
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.