Gedagte vir die dag: Stukkendwees was nie God se plan nie

Foto: thenarrowgait.com

Foto: thenarrowgait.com

Mag ons Here Jesus Christus en God ons Vader – Hý wat ons liefgehad het en wat ons deur sy genade ’n ewige troos en ’n goeie vooruitsig gegee het – mag Hy self julle harte vertroos en julle sterk maak vir elke goeie daad en woord. (2 Tessalonisense 2:1617)

God se manier van doen is nie om seer te maak, te straf of ons harte stukkend te maak nie. Selfs wanneer die ergste met ons gebeur en ons aan sy liefde twyfel, kan ons vashou aan die waarheid dat sy motivering altyd liefde is. Dat sy hart saam met ons seerkry bloei en dat Hy ons ook daarin kan seën.

Wanneer jy soms wonder oor God se trou en nie verstaan dat die wêreld en sy mense mekaar so stukkend kan maak nie, of wanneer die dood en sy angel jou hart binnedring, weet dan: Jou Vader huil saam met jou in jou onrus, langs jou ontsteltenis … Hy is saam in jou pyn.

As die lewe jou soms stukkend maak, moet jy nooit dink dis God se manier van straf nie. Dis nie hoe ons Vader werk nie. Hy het dan juis – toe ons self gekies en die dood ons lewens binnegedring het – weer léwe kom skep. Weer van voor af heling gebring. Weer Homself gegee om ook in die stukkend heel te maak. Weer vir-altyd-lewe te gee.

Stukkendmaak en -wees was nooit ons Vader se plan nie. Heelmaak is. Ook nou … ook vandag.

Dankie dat U my heelmaak-Vader – my Troos – is.

Bron:
Jou voetpad na vrede deur Milanie Vosloo
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Johan ·

Gelukkig hoef ons nie stukkend te bly nie. Ons hoef ook nie net te probeer om ons seer te bestuur nie. Nee, in Jesus kan ons genesing en bevryding ontvang om as heel en vry mense te leef.

Leon ·

Die sondeval het die ganse skepping “gebreek”. Die dood, pyn, seer, ens wat ons in die wêreld sien, het gekom deur die eerste Adam se ongehoorsaamheid. Die tweede Adam, nl. Jesus Christus is gestuur om die gemors van die eerste Adam te herstel. Kies Jesus vandag nog en word deel van God se nuwe skepping. Shalom.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.