Gedagte vir die dag: Swaarkry, honger ly … en manna uit die hemel

woestyn.jpg

Foto: pixabay.com

Ja, Hy het jou nederig gemaak deur jou te laat honger ly en jou toe manna laat eet, kos wat nie jy of jou voorouers vroeër geken het nie. Hy het dit gedoen om jou te leer dat mense meer as brood nodig het om van te leef. Ware lewe vir die mens kom van elke woord uit die mond van die Here. (Deuteronomium 8:3)

’n Mens kan jou nouliks die Israeliete se gemoedstoestand in die onherbergsame woestyn voorstel. Om darem net sand te sien sover as wat jy kyk en te weet jy is in hierdie groot woestyn vasgekeer sonder kos en water. Sjoe, dit moes erg gewees het. Nee, dit was vir seker nie maklik nie.

Maar toe gryp God self in. Daar daal kos uit die lug uit. Wat is dít? (“mannah” in Hebreeus), vra die Israeliete verbaas. Dis ’n Godswonder. Dit is belangrik om te weet dat die oplossing vir die noodsituasie nie te danke is aan menslike vernuf nie. Dit is volkome God se handeling.

En God het self iets daaroor te sê. Die Israeliete (en ons) moet leer dat ’n mens nie van brood alleen lewe nie, maar van elke woord wat uit God se mond kom; dus elke beloftewoord van God. Wanneer jy as mens aan die einde van jou vermoëns en kragte kom, sal God self sorg. Vertrou Hom met jou lewe.

Bron:
By waters van rus deur Johan Smit
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.