Gedagte vir die dag: Sweef hoog op die wolke

arend_vlieg_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Soos ’n arend haar kuikens grootmaak en bo-oor hulle sweef, so sprei Hy sy vlerke en vang en dra hulle op sy vlerke. Net die Here bewaar hulle. Hulle leef sonder enige vreemde gode. Hy laat hulle ry op die hooglande, Hy voed hulle met die opbrengs van die land. Hy het uit die klowe heuning aan hulle voorsien, olyfolie uit klip harde rots. (Deuteronomium 32:11-13)

Die Here het ons gemaak om soos arende te wees wat hoog sweef op die wolke wanneer die storms van die lewe ons tref. Anders as die kraaie wat op die kraglyne sit en kyk waar hulle kan aas, krys die arend van opwinding wanneer hy hoog in die lug sweef. Hy sprei sy vlerke en vlieg selfs hoër.

Net so moet ek en jy ons nie bekommer oor die aanvalle van die duiwel nie. Onthou, hy is ’n dief en ’n leuenaar. Ons lees in Johannes 10:10: “Die dief kom vir niks anders nie as om te steel, dood te maak en te vernietig. Ék het gekom sodat hulle lewe kan hê, ja, sodat hulle dit oorvloedig het.” Hoe hanteer ons dan die  moeilikhede van die lewe? Wel, net soos die arend moet ons daarbo uitstyg. Ons moet beter wees as dit. Jesus sal ons verdedig.

Ek en jy moet hoër styg. Ons gaan van God hoor en presies doen wat Hy vir ons sê om te doen. Styg uit bo jou situasie. Kyk na Jesus, die Begin en Voleinder van jou geloof (Hebreërs 12:2, Bybel in Afrikaans 1983/1992).

Bron: Alles wat ek nodig het deur Angus Buchan
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.