Gedagte vir die dag: Sy goedheid is joune

Namakwaland_wit-blomme_stiltetyd.jpg

Foto: Eugene Lottering

Waarlik, sy toorn duur net ’n oomblik, maar sy goedheid lewenslank. (Psalm 30:6)

God word nie vir lank kwaad nie, maar sy troue liefde vir sy kinders duur vir altyd. Met sy kruisdood verdien Jesus vir ons God se vergifnis sodat God nie meer vir ons kwaad word oor ons sonde nie. Tog vrywaar God sy kinders nie van swaarkry nie.

Wanneer daar donker tye in jou lewe kom, kan jy op God vertrou. Hy is altyd daar om jou te troos en vir jou uitkoms te gee. Sy woede duur ’n klein rukkie, maar sy goedheid is lewenslank joune.

Jesus is by uitstek die lydende Kneg van die Here wat ons pyn verstaan, wat saam met ons en namens ons daaronder gebuk gaan. ~ Johan Cilliers

Bron: Hoop vir vandag deur Nina Smit
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.