Gedagte vir die dag: Sy heerlikheid

sterre_woestyn_pixabay_Stiltetyd.jpg

Foto: pixabay.com

“Die maagd sal swanger word! Sy sal aan ’n Seun geboorte gee. En die mense sal Hom Immanuel noem.” (Hierdie naam beteken: God is by ons.) (Matteus 1:23) 

Die grootste aantrekkingskrag in die Tuin van Eden was God se teenwoordigheid. Die grootste tragedie van sonde was dat God nie meer by sy kinders gewoon het nie. Dit het egter alles verander met Christus se menswording. Johannes 1:1 beskryf die situasie: “Heel aan die begin het die Woord reeds bestaan. Die Woord was by God, en die Woord was self God.” En dan die wonderlike woorde in vers 14: “En die Woord het mens geword en by ons kom woon. Ons het sy heerlikheid duidelik gesien.”

Die feit dat God saam met Adam en Eva in die tuin gewandel het, was ’n wonderlike vooruitskouing van die God-mens Jesus wat uit die hemel sou kom om vir ewig saam met die mense op aarde te woon. Ná die wederkoms sal God afkom om saam met sy kinders te woon (Openbaring 21:3). Jesus is vir ewig God wat mens geword het.

God het mens geword; die Almagtige het as ’n hulpelose mensekind op die aarde verskyn. Daar is niks in fiksie wat so fantasties is soos hierdie waarheid van die menswording nie. – J.I. Packer

Bron:  In die Teenwoordigheid van Jesus deur Randy Alcorn
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.